Nina Fourie

Nina Fourie Nina Fourie Nina Fourie

Ouderdom

18

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Sentraal, Bloemfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vanaf laerskool het ek tydens vakansies by Casper Bosman gaan "werk". My nefie, Janco, werk vir hom en tussen kant uitsny en krale uitsorteer, het ek oor die jare ’n kykie gekry in die kreatiwiteit en vakmanskap waarmee elke rok geskep word.

Toe dit my beurt kom om my matriekafskeidrok te kry, het ek Casper die volle kreatiewe vryheid gegee om iets besonders te ontwerp. Ek het hom vertrou om iets te skep wat by my persoonlikheid pas, sonder om vooraf presies te weet hoe die eindresultaat sou lyk. Die uiteindelike rok was dus vir my ’n verrassing, en om dit vir die eerste keer te sien, was ’n spesiale oomblik.

Ek wou nie net ’n mooi rok hê nie, maar een waarin ek gemaklik en selfversekerd voel, nie ’n rok wat my dra nie, maar een wat ék dra. Casper het dit perfek reggekry, en ek kon nie vir ’n beter eindresultaat gevra het nie.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media