Nikita Ferreira
Jim Fouchè
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool
Jim Fouchè
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
N vrou van Bloemfontein sou die rok oorspronklik ontwerp het maar as gevolg van die lap wat moeilik was om te vind in Suid Afrika , het ek my sprookies rok van shein af bestel
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek was opsoek na n rok wat my soos n prinses sou laat voel en wat die kleure van my oë sou uitbring . Nie net daaroor nie maar ook om my afgesterwe ouma wat mal was oor pers , deur my rok te laat gloei .
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Mense sien dit net as n rok maar vir myself beteken dit dat ek my sprookies aand saam my geliefde metgesel kon geniet en aan my ouma kon dink , omdat sy nog altyd haar klein kinders wou sien op hulle matriekafskeid
Die rok beteken baie vir my ook omdat ek soos n regte prinsessie gevoel het
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Dit moet verseker wees toe ek en my metgesel probeer dans het maar die rok lank was en ons altwee hom die hele tyd vas getrap het . En ook om metgesel se gesig te gesien het toe hy my vir die eerste keer gesien het met my rok aan
Planne vir na matriek
Ek wil graag gaan studeer vir Llb en daarna spesialiseer in kinder regte
Gunsteling woord in Afrikaans
Eina
Datum van matriekafskeid
2025-10-10