Nicole Myburgh

Hoërskool Trio

Tuisdorp

Kroonstad

Skool

Hoërskool Trio

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Leading Rose Boutique

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Toe ek die dag my rok gaan uitkies het, was ek oorspronkik opsoek na ietsie eenvoudig, maar steeds stylvol & elegant. Na ek sowat twee ander rokke aangepas het, was die 3de een die beslisse wenner. Die rok het soos ń handskoen gepas en ek was die eerste gelukkige meisie wat hom kon aanpas en sien, nog voor hy geadverteer was - dit was so asof hy net vir my gemaak is! Ek het onmiddelik soos ń prinses uit ń sprokiesverhaal gevoel en die pragtige, middernag blou kleur het my van eerste glans af verlief gemaak! Ek kon na myself kyk in die spieël en met sekerheid sê, “Dié is ek!”en van daar af het ek geweet hy kom saam huistoe!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek dink elke meisie wil op haar matriekafskeid dag soos haar eie unieke prinses voel en ek kon so voel! Dit was nie nodig om eerder soos iemand anders te wou lyk nie, want in my rok was ek trots om myself te wees! My rok het elke weergawe van wie ek is, uitgebeeld. Dit was vir my ń voorreg om my hele skoolloopbaan in so ‘n rok te kon aflsuit, wetende dat die rok presies uitbeeld in watter elegante, ware en Godvresende prinses ek gegroei het!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om die aand saam my vriende en vriendinne te kon geniet, veral op die dansvloer en veral om net te kon sien hoe almal hulself kon uitbeeld in verskillende, unieke uitrustings.

Planne vir na matriek

Ek gaan Tukkies toe volgende jaar waar ek Veeartsenykunde gaan studeer! My droom was nog altyd om met diere te kan werk en om ń verskil in diere sowel as mense se lewens te kan maak!

Gunsteling woord in Afrikaans

Allesomvattend

Datum van matriekafskeid

2025-10-16

Like what you see?

Share on Social Media