Nicole Botes
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Carike Nel het dit reg gekry om al my idees in ’n unieke rok te omskep waarin ek kon sweef! Dit was nogal ’n uitdaging om die regte kantblomme in die hande te kry, maar ek het geweet Carike sal ’n plan maak. Sy het ook die blomme en blare wat ek self geteken het, borduur en so tekstuur op die delikate rooi materiaal gevoeg. Dit was so lekker om met elke aanpassessie saam planne te maak en te sien hoe die rok vorder.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Al wat ek van die begin af geweet het, was my rok moes omkyk rooi wees en ek wou my natuurlike krulhare dra. Ek wou ook iets met blomme doen, maar dit moes vars en jonk wees.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ons matrieks het die voorreg om die mooiste moontlike simbool te hê van die einde van ons skoolloopbaan: ’n Rok (wel ’n hele “prentjie”), waaroor jyself kon besluit. Dit deel dus op ’n manier ook iets van jou persoonlikheid. My pa sê my rok wys hoeveel aandag ek aan detail gee.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die kuier met ons vriende was vir my die hoogtepunt. Die dag van die matriekafskeid was nogal besig en gedruk vir tyd – maar ek is bly ons het onthou dit is ’n een-in-’n-leeftyd aand.
Planne vir na matriek
Ek gaan volgende jaar BSc in Fisiologie, Genetika & Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria studeer. Dit is die begin van my pad om ’n mediese dokter te word.
Gunsteling woord in Afrikaans
kougompie
Datum van matriekafskeid
2025-10-07