Nanje Van De Reede

Hoërskool Transvalia

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Transvalia

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die afgelope jaar het ek rokke van elke kleur en geur aangepas en klein besonderhede van elk in my geheue gebêre. Toe die tyd aanbreek om die finale ontwerp weer te gee, kon ek al my gunsteling gedeeltes van vele rokke bymekaar sit om my droom rok ń werklikheid te maak. Die noupassende patroon met ń effense wye sleep ,gekombineer met ń oop rug snit en verskeie klein knopies wat lei tot ń saamgeplooide agterkant - was vir my eenvoudig perfek! Die dun bandjies bedek met blaar kant bring ń verfrissende aspek na die tafel en om die rok af te rond is kant aan die regterkant afgewerk tot byna onder aan die rok. Na vele aanpas sessies kan ek met sekerheid sê - dit is my droom matriekafskeidrok!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

“Die oë is die vensters van die siel” sê my ouma altyd… met die eerste oogopslag was ek verlief op die koningsblou materiaal wat ek teen my bors gehou het. Die elegante ,tog prominente kant gee karakter en dimensie aan die eenvoudige materiaal. Die koningsblou kleur is ń perfekte weerspieëling van my oogkleur en komplimenteer my gelaatskleur. Die elegante rok ontsluit my persoonlikheid en ek kan dit met selfvertoue dra!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Van sprokie tot werklikheid - my matriekafskeidrok is die handewerk van my 72 jarige ouma - ek is ongelooflik bevoorreg om te kan sê dat my ouma kon help vorm aan my matriekafskeid droom! Met die kombinasie van my visie en my ouma se ongelooflike ervaring en liefde het ons ń “mean team” gemaak! Ek sal dit vir altyd in my hart koester!

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media