Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Dit is donkergroen en pienk fantasierok. Dit laat jou aan 'n feeprinses dink wat deur 'n woud gehardloop het en daar sit nog blomme en doudruppels aan haar rok en in haar hare vas.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek geniet dit baie om te lees, veral fantasieboeke. Ek het 'n klomp foto's van rokke met so 'n tema op Pinterest gekry en José de Canha, wat my rok gemaak het, het my gehelp om dit te kombineer.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok is eg ek, dit pas presies by my en my lyf en dit is die gemaklikste rok wat ek al gedra het.