Nadine Fortuin

Keimoes Hoërskool

Tuisdorp

Kenhardt

Skool

Keimoes Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok, ontwerp deur Hannah Fashions in Upington, is meer as net n rok, dit is n droom wat waar geword het. Haar toewyding, passie en oog vir detail het my verwagtinge oortref en my laat besef dat ware talent le in die hart van iemand wat haar werk met liefde doen. Sy het my laat voel soos die weergawe van myself.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my matriekafskeidrok het gekom uit my begeerte om iets te dra wat my persoonlikheid, selfvertroue en drome verteenwoordig. Ek wou hê die rok moes stylvol en uniek wees, maar steeds elegant en vol betekenis. Ek het inspirasie gekry uit moderne mode. Die kleur van my rok is gekies omdat dit my laat uitstaan en my innerlike drag weerspieël. Elke detail - van materiaal tot die bykomstighede my matriekafskeidrok is sorgvuldig gekies om my soos die beste weergawe van myself te laat voel. My rok simboliseer nie net mode nie maar ook die tydlose skoonheid en die reis wat ek tot dusver gestap het en die selfvertroue waarmee ek my toekoms tegemoetgaan.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net n mooi uitrusting vir een aand. Dit is n simbool van hoe vêr ek gekom het, al die harde werk wat ek gedoen het en die herinneringe wat ek oor my skooljare opgebou het. Die aand van my matriekafskeid wat ek my rok gedra het, het ek trots gevoel op myself en die jong volwassene wat ek geword het. My matriekafskeidrok verteenwoordig n nuwe begin, want dit is die einde van een hoofstuk en die begin van n nuwe een vol drome, hoop en moontlikhede. Dit herinner my dat ek enigiets kan bereik as ek in myself glo.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die oomblik wat ek uit my kar geklim het en by die saal ingestap het en al die oë op my was. Ek het trots en opgewonde gevoel, want dit was die aand waarna ons almal so lank uitgesien het. Die musiek, ligte en al die glimlagte om my het die atmosfeer vol vreugde en trots laat voel.

Planne vir na matriek

Ek wil na matriek gaan studeer omdat ek n beter toekoms vir myself wil bou en my drome wil bereik.Ek is bereid om hard te werk en my tyd effektief te gebruik om iets van myself te maak.Ek glo dat verdere studie my sal help om meer kennis en vaardighede te kry wat ek kan gebruik in my loopbaan wat ek wil volg. Deur te studeer kan ek nie net my eie lewe verbeter nie,maar ook my familie trots maak en n positiewe bydrae lewer in my gemeenskap

Gunsteling woord in Afrikaans

Uitstekkende

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media