Megan Butler

Hoërskool Eldoraigne

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Eldoraigne

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My ma het my rok ontwerp

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Deur die rok te dra wou ek graag vir my ma wys hoe trots ek is om haar dogter te wees en ook hoe baie ek haar bystand en hulp waardeer. Dit was haar matriekafskeid rok in 2000. Ek beplan al van kleins af om die rok te dra

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my liefde en het onmeetbare sentimentele waarde vir my. Ek is ongelooflik mal oor die rok want dit is my styl. Die eer om my ma se matriekafskeid rok te kon dra beteken die wêreld vir my. Ek sou dit nie anders wou hê nie.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die eerste hoogtepunt was om die mense wat my lief het en naaste aan my is (soos my ma, pa, boetie, ouma, oupa en familie ens) se gesigte te sien toe ek en my kêrel op die rooi tapyt gestap het. Die ander hoogtepunt was toe my ma my gehelp het om aan te trek en myself gereed te kry vir die groot dag.

Planne vir na matriek

Ek gaan deeltyds werk terwyl ek skoonheid studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Blaps

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Like what you see?

Share on Social Media