Moné Oosthuizen
Hoërskool Wesvalia
Tuisdorp
Klerksdorp
Skool
Hoërskool Wesvalia
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Kobus Rautenbach het my rok ontwerp
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag n tydlose rok gehad het wat my persoonlikheid uitbeeld en wie ek is, en dit was my woorde as iemand my gevra het hoe my rok gaan lyk “As jy my ken sal jy presies weet”
Ek is mal oor die kleur swart en het nog altyd geweet dat my Matriekafskeid rok swart gaan wees met n tikkie goud aan die onderkant.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit beteken vir my meer as net n rok, dit is n simbool van hoop en groei van my jong self tot die dame waarin ek gegroei en getransformeer het.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Elke oomblik was spesiaal…. maar vir my was die hoogtepunt toe ons almal saam vir een laaste keer op die dansvloer net lekker kon lag en dans.
Planne vir na matriek
Ek gaan Bcom studeer by NWU
Gunsteling woord in Afrikaans
Tydloos
Datum van matriekafskeid
2025-10-10