Milane Janse van Rensburg

Hoerskool Lichtenburg

Tuisdorp

Nietverdiend

Skool

Hoerskool Lichtenburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp en gemaak deur Lizan Zondagh Couture in Boksburg. Sy dit reg gekry het om my ware ek te kon uitbeeld in my rooi rok.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Dit was vir my belangrik om my eie 'plaas ek' nogsteeds te wys terwyl ek wou voel soos die vrou wat ek besig is om te word en graag sou wou wees. Elegant en trots wees op my uurglas figuur maar nogsteeds kaalvoet op die grond pad kan loop.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek was nog nooit 1 vir al die aandag op my nie, ek is 'n plaas meisie wat kort broeke en hemde dra. Maar met hierdie rok het ek die selfvertroue gekry om te weet ek kan maar uitstaan.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Dat ons almal, op ons mooiste mooi aanmekaar gesit, vir 1 laaste keer kon saam kuier as 'n graad groep!

Planne vir na matriek

Ek beplan om Computer Aided Draughing te gaan swot by CTU in Potchefstroom.

Gunsteling woord in Afrikaans

Naaldekoker

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media