Mila Kruger
Ouderdom
18
Tuisdorp
Durbanville
Skool en dorp/stad van skool
Hoër Meisies Skool La Rochelle / Paarl
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die glitz en glamour van Ou Hollywood, met ’n moderne rooi tapyt-gevoel, was my inspirasie.
Omdat ek lank en skraal is, het ek ’n noupassende rok gekies wat my lengte en figuur beklemtoon. Die goue sjampanjekleur en unieke styl het die dramatiese, maar steeds sagte en elegante moderne voorkoms geskep waarna ek gesoek het.
My doel was om die glans van Ou Hollywood met moderne elegansie te kombineer en my eie Hollywood-rooi tapyt-oomblik te beleef.
