Mikhe Bezuidenhout
Hoerskool Brandwag
Tuisdorp
Boksburg
Skool
Hoerskool Brandwag
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Oops a Daisy Boutique
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Kuns is 'n groot deel van my lewe, daarom het ek besluit om my kuns kleur vir die jaar 2025 as 'n inspirasie te gebruik, wat 'n sagte "lilac" kleur is, wat effe blou verskyn in die skadu, maar pers in die son.
Ek wou 'n rok hê wat eenvoudig is, maar tog elegant. Iets wat nie te veel is nie, maar ook nie te min is nie.
En oordat ek 'n atleet is, wou ek graag hê die rok moet voor kort wees en lank agter sleep, tipies gelykstaande aan 'n "red carpet draping".
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok hou 'n betekenis van uniekheid, 'n sagte persoonlikheid met die ligte pers en 'n gevoel van nie te min nie, maar ook nie te veel nie. Ek wou 'n rok hê wat 100% by my persoonlikheid pas.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die fotos by die "Photo Venue" was vir my 'n hoogtepunt. Van fotos by die dam, na fotos by die bome en natuurlik ook die grafietie muur asook die wit mure was absoluut pragtig. Ons het ons tyd daar verskriklik geniet. Dis 'n baie mooi "venue" met soveel opsies om van te kies. Daar is 'n keuse vir elke unieke rok. (Photo Factory - Boksburg)
Planne vir na matriek
Ek gaan verder studeer om 'n "Technical Artist Career" aan te pak.
Ek gaan ook verder fokus op my atletiek.
Gunsteling woord in Afrikaans
Skaterlag
Datum van matriekafskeid
2025-10-02