Mikayla Faurie

Hoërskool Brits

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Betower

What was your inspiration for your matric prom dress?

Dans was nog altyd 'n groot deel van my lewe. Iets van op die verhoog wees het my laat dink aan enige iets is moontlik. Die rok het my maak voel asof enige iets moontlik was. Dat die sterre is die limiet is en niks kan my terug hou nie. Ek leef nog altyd volgens die bekende woorde van Walt Disney "if you can dream it, you can do it" En wat is meer betowerend as om 'n wens die hemel in te stuur as jy 'n verskietende ster sien?

What was your favorite part of your matric prom dress?

My matriekafskeidrok is die bewys vir my dat enige iets moontlik is en dat drome tog waar word. Ek het nog altyd gedroom van 'n prinses wees en te dans in sterre hemel, en so het my droom waar geword. Toe ek my rok aantrek het my wildste drome waar geword. Dit was asof ek in 'n kombers van drome toegedraai is en tussen die hemelruim gedans het. Van die sak wat ek laat insit het, sodat ek my lipglans en selfoon by my het, tot die manier wat die rok skitter as ek draai, het ek sowaar so pragtig en vry gevoel. Ek sal nooit vergeet hoe ek gevoel het die oomblik wat ek my rok aangetrek het nie, alles het net perfek gewerk en die rok het alles wat in my hart en my toekoms is vertolk in 'n ware sprokiesverhaal.

Date of matric farewell?

2007-04-10

Like what you see?

Share on Social Media