Mikayla Faurie

Hoërskool Brits

Tuisdorp

Brits

Skool

Hoërskool Brits

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Scarlett Fashion

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Dans was nog altyd 'n groot deel van my lewe. Iets van op die verhoog wees het my laat dink aan enige iets is moontlik. Die rok het my maak voel asof enige iets moontlik was. Dat die sterre is die limiet is en niks kan my terug hou nie. Ek leef nog altyd volgens die bekende woorde van Walt Disney "if you can dream it, you can do it" En wat is meer betowerend as om 'n wens die hemel in te stuur as jy 'n verskietende ster sien?

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is die bewys vir my dat enige iets moontlik is en dat drome tog waar word. Ek het nog altyd gedroom van 'n prinses wees en te dans in sterre hemel, en so het my droom waar geword. Toe ek my rok aantrek het my wildste drome waar geword. Dit was asof ek in 'n kombers van drome toegedraai is en tussen die hemelruim gedans het. Van die sak wat ek laat insit het, sodat ek my lipglans en selfoon by my het, tot die manier wat die rok skitter as ek draai, het ek sowaar so pragtig en vry gevoel. Ek sal nooit vergeet hoe ek gevoel het die oomblik wat ek my rok aangetrek het nie, alles het net perfek gewerk en die rok het alles wat in my hart en my toekoms is vertolk in 'n ware sprokiesverhaal.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om as 'n matriek groep saam van die bus van te klim by die saal waar ons matriekafskeid was; Fatherland en net almal te sien wat in hulle mooi rokke was. Nog 'n hoogtepunt was om saam as 'n groep die aand te geniet. Dit was baie spesiaal dat die skool vir ons 'n bus gereël het. Dit het ons kans gegee om werklik elke sekond van die matriekafskeid met mekaar deur te bring en het gesorg vir tonne spesiale herinneringe.

Planne vir na matriek

Ek gaan verder studeer by NWU, Potchefstroom. Die plan is om aan te hou dans, menslike bewegingskunde te studeer en dan weer betrokke raak by dansafrigting. Ek hoop om 'n liefde vir musiek en dans by jongmense te kweek. Dit is 'n lekker manier om fiks te word en 'n gesonde lewenstyl te handhaaf.

Gunsteling woord in Afrikaans

Betower

Datum van matriekafskeid

2007-04-10

Like what you see?

Share on Social Media