Mieke Jacobs
Ouderdom
18
Tuisdorp
Midstream Estate
Skool en dorp/stad van skool
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd gedroom van ’n pienk rok wat my vroulike en kreatiewe sy weerspieël.
Die inspirasie agter die ontwerp was die skoonheid, krag en elegansie van vrouwees.
Ek wou hê elke blomblaar moes sy eie vorm en grootte hê, net soos elke vrou haar eie unieke karakter, skoonheid en individualiteit het.
Die rok moes lewe en beweging hê, sodat dit saam met my kon dans — soos ’n blom wat saggies in die wind beweeg.
Vir my simboliseer die rok hoe besonders vrouwees is, en dat elke vrou op haar eie manier mooi en uniek is.
