Michelle Smith

Michelle Smith Michelle Smith Michelle Smith

Ouderdom

18

Tuisdorp

Rustenburg

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Rustenburg in Rustenburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleins af was ’n rooi matriekafskeidrok nog altyd my droom. Ek het altyd geweet dat ek iets anders as die gewone wou hê — iets uniek wat regtig uitstaan. Vir my moes die rok nie net mooi wees nie, maar ook ’n besonderse karakter hê wat dit onvergeetlik maak. Ek het gehou van Bondesio se idee van ’n elegante, dramatiese rok met fyn blomversierings en besonderhede wat alles mooi bymekaar bring. Die rooi kleur was nog altyd vir my spesiaal, omdat dit selfvertroue, elegansie en waagmoed uitstraal. Ek wou hê my rok moes my persoonlikheid weerspieël en die droom verwesenlik wat ek al van kleins af gehad het. Om uiteindelik my droomrok te kon dra, met ’n ontwerp wat so uniek en anders is, het dit vir my soveel meer betekenisvol gemaak.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media