Michelle Oberholzer
Paul Erasmus Hoërskool
Ouderdom
18
Skool
Paul Erasmus Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok was die ware prentjie van ,elegant en “plain”
Ek is mal oor navy en dit was toe my keuse !
Ek wou soveel as moontlik detail hê, sonder om enige glitter of print te gebruik .
My details was die plooie en rimpels op my rok en my elegante romp gedeelte !
Die mooiste donker navy blou het my rok gemaak
Ek het besluit om so plain en elegant as moontlik te bly met die ontwerp van my rok
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek is n plaasmeisie,wat nie regtig baie van opdress hou nie ,dus het ek besluit om n rok te kies wat so plain as moontlik is ,maar steeds elegant !My oupa het altyd vir my gesê hy kan nie wag om die dag te sien wat ek n “fancy rok”, soos wat hy altyd gesê het ,aan het nie.
Dit is die rede hoekom ek besluit het om nie te “fancy” te gaan nie ,eerder my natuurlike mooi af te skou .
My ma was my grootste inspirasie vir my rok !
Ek het in ons gang afgeloop en my ma se trou fotos het my oog n bietjie langer as normaal gevang !Haar elegante ,sagte en prinses rok het uitgestaan en ek het dadelik geweet dat haar rok die inspirasie is !
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel sal ek sê was my romp gedeelte ,wat die vloeiendheid en elegansie aan my rok verskaf het!
Datum van matriekafskeid
2025-10-03