Michelize Huyzers
Hoërskool Marais Viljoen
Tuisdorp
Boksburg
Skool
Hoërskool Marais Viljoen
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My ma, Adele Huyzers het my matriekafskeidrok ontwerp en gemaak . Sy is ń mode ontwerper.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag elegant , tog dramatiese volume hê ,maar met ń moderne , donker en glinserende kinkel . My rok simboliseer gesofistikeerdheid en selfvertroue met n bietjie glinster .
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die donker kleur en moderne ontwerp wys dat ek nie bang is om anders te wees nie, en dat die styl my persoonlikheid wys – elegant, effens misterieus, en baie selfversekerd. Die rok is meet as net lap, hierdie rok is n toonbeeld van baie dankbare emosies saamgevat in een uitrusting.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die oomblik toe ek my rok aantrek, wat my Ma met die grootste liefde (en natuurlik geduld met n tienermeisie) gemaak het, my hare en grimering klaar is, en ek in die spieël kyk en alles saam sien kom — daardie gevoel van trots, mooi en vol opgewondenheid. Dit was die perfekte afsluiting van ’n lang reis. Maar die mooiste deel van alles was om saam met al my maats vir een laaste keer te lag, te dans en herinneringe te maak wat vir altyd sal bly.
Planne vir na matriek
In 2026 gaan ek “Retail in Fashion” swot by Stadio universiteit Centurion.
Gunsteling woord in Afrikaans
Sielsmooi
Datum van matriekafskeid
2025-10-11