Michaela Fourie

Hoër Volkskool Potchefstroom

Tuisdorp

Derby, Noordwes

Skool

Hoër Volkskool Potchefstroom

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het van jongs af het ek 'n groot liefde gehad vir skets en ontwerp. Dit was my droom om eendag my eie rok te ontwerp vir ñ spesiale geleentheid en die Matriekafskeid was my eerste spesiale geleentheid. My rok is gemaak deur Peter Bondisio.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die bosveld in my omgewing was my insperasie. Ek hou van aardskleure en natuurlike skakerings wat pas by my persoonlikheid en het dit by my ontwerp inkorporeer.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is vir my van sentimentele waarde, omdat ek dit self ontwerp het en die materiaal gekies het, dis ook iets waarop ek kan trots wees.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

'n Spesiale aand saam met my vriendinne te geniet en ons laaste skool jaar op 'n hoë noot af te sluit. En natuurlik om my rok te kon dra.

Planne vir na matriek

Ek wil Argitektuur studeer deur Inscape.

Gunsteling woord in Afrikaans

Fieterjasies

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media