Mianke van der merwe

Hoerskool Rustenburg

Ouderdom

18

Skool

Hoerskool Rustenburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok ontwerp volgens my persoonlikheid en liggaamsbou. Ek wou iets skep wat uniek is en my persoonlikheid uitbeeld . Ek wou iets self ontwerp sodat niemand soos ek lyk nie , en dit beklemtoon die uniekheid en styl van my rok . Die kleur van my rok is geskik omdat dit my velkleur en oë uitbeeld , en dit is n kleur wat jy nie vinnig sal raak loop by n matriekafskeid nie . Die styl van die rok het ek self ontwerp deur verskillende idees bymekaar te voeg om n totale nuutskepping te vorm . Op die onderkant van my rok is my boetie se oorledings datum geborduur omdat ek wens hy kon saam my die spesiale oomblik vier .

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die styl van my rok het ek self ontwerp sodat dit iets was wat uniek en spontaan is . Dit is so ontwerp dat ek weet niemand het n soortgelyke rok nie , en dit beeld my persoonlikheid so goed uit . Die kleur van my rok is geïnspireer deur my gunsteling country road groen handsak , die kleur het so goed by my gepas en ek het geweet dit is n kleur wat gaan uitstraal bô die res .

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel was my boetie se datum aan die onderkant van my rok , dit het n gevoel geskep binne my dat hy daar is by my en nogsteeds sien hoe sy Klein sussie gegroei het deur haar Hoërskool loopbaan . My ander gunsteling deel van my rok was dat my hele maag oop was , want wie wil nou nie hulle abs af show nie !

Datum van matriekafskeid

2025-09-23

Like what you see?

Share on Social Media