Mianique Lombard

Goudveld Hoërskool

Tuisdorp

Welkom

Skool

Goudveld Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is deur Barbara Leeuw ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir die rok het gekom uit die begeerte om iets uniek te dra wat my persoonlikheid weerspieël.Ek wou hê die rok moes sê “ek is ek” sonder om iets te probeer wees wat ek nie is nie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my baie meer as net ’n rok vir matriekafskeid, dit is ’n deel van wie ek is. Hy hang nog steeds in my kamer as ’n herinnering aan hoe mooi dit is om jouself te wees en gelukkig te wees in jou eie styl.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was beslis die oomblikke toe ek komplimente oor my rok ontvang het, mense kon sien dis iets uniek en wie ek is. Maar die kosbaarste deel was om die dansvloer te open, terwyl die strepe van my rok perfek saamgedraai het met elke draai.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om onderwys te studeer aan AROS. Ek dra al van kleins af ’n diepgewortelde passie vir mense en vir die vorming van jong lewens. Ek glo vas dat onderwys ’n kragtige instrument is waarmee ek ’n betekenisvolle verskil in ander se lewens kan maak. Die gedagte om ’n positiewe invloed op die volgende generasie uit te oefen, vul my met opwinding en dankbaarheid. Ek sien met groot verwagting uit daarna om my roeping te volg en met entoesiasme, toewyding en geloof aan my studies te begin.

Gunsteling woord in Afrikaans

Braaibroodjie

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Like what you see?

Share on Social Media