Miané Kemp

Hoërskool Piet Retief

Tuisdorp

Piet Retief

Skool

Hoërskool Piet Retief

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok by Lush Boutique in Ballito gekoop.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek droom nog altyd oor my pienk prinses rok vir matriekafskeid. Ek het oorspronklik nie ‘n spesifieke skakeuring van pienk in gedagte gehad nie, maar ek het geweet die rok is perfek vir my die oomblik toe ek dit aan gepas het. Ek was heeltemal verlief op die pêrel detail en die sagte, vuil pienk.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok het vir my soveel selfvertroue gegee die aand van my matriekafskeid. Dit was vreeslik gemaklik en absoluut ‘n weerspieëling van wie ek is.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Nadat ek en my metgesel oor die verhoog gestap het, het twee klein dogtertjies na my toe gekom om te sê hoe mooi my rok is. Hulle skaam glimlaggies het beslis my aand gemaak, hulle het my soos ‘n regte prinses laat voel!

Planne vir na matriek

Ek beplan om volgende jaar Argitektuur by die Universiteit van Pretoria te studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Finominaal

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media