Mianda Labuschagne
Hoërskool Montana
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoërskool Montana
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Wilma du Plessis het my rok gemaak.
Ek het my idee met haar gedeel en sy het my room rok ontwerp.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou 'n rok hê wat beweeg en wat by my unieke persoonlikheid pas. Ek wou'n rok maak wat outentiek is en besils nie iets wat volgens die huidige mode is nie. Vryheid en aanpasbaarheid was beslis die inspirasie agter die ontwerp.Hierdie rok het drie dele, die romp kan los dan is dit n reguit af slank voorkoms en hy het ook 'n mou wat ek kan byvoeg. My rok kan ek elke keer as ek dit dra maak pas by hoe ek op die oomblik voel.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok beteken vir my baie meer as net die pragtige blou en blink materiaal wat ek sien. Dit is 'n teken van 12 jaar se skool loopbaan wat tot 'n einde kom.
Dit is 'n bitter soet visioen van die 12 jaar wat ek groet. My trotse skool loopbaan wat ek agterlaat in 'n pragtige ontwerp.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My vriende. Die lag ,gesels en saam wees. Die fotos saam my metgesel wat ook my danspartner was vir die onvergeetlike aand.Die hoogtepunt was toe ons as matrieks saam gedans het vir vir die laaste keer as die klas van 2025.
Dit was 'n onvergeetilke aand wat ek altyd sal onthou!
Planne vir na matriek
Ek gaan verder leer na matriek.
Ek gaan swot vir 'n sagteware ingenieur.
Gunsteling woord in Afrikaans
Droom
Datum van matriekafskeid
2025-10-04