Mia van der Merwe

Parel Vallei Hoërskool

Tuisdorp

Somerset Wes

Skool

Parel Vallei Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Scarlett Fashion in Somerset Wes

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou soos 'n prinses lyk en voel en my hoërskool loopbaan afsluit in styl. Ek wou eers my rok laat maak het maar toe ek diè rok aanpas was my hart (my Ma s'n ook :-D) gesteel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Jou matriekrok is nie net 'n kledingstuk nie maar 'n simbool van prestasie en identiteit en 'n oorgangs oomblik in jou lewe. My rok het vir my al hierdie fasette perfek verteenwoordig. Ek het die mooiste gevoel wat ek nog ooit gevoel het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hele dag! Van Almarie van der Merwe, (Hairstyling, Makeup & Photography by Almari), wat my grimering en hare kom doen het by my huis tot my fotosessie daarna saam met Heinrich Knoetze Photography, my kêrel, my perd Tempi (ek huur 'n perd) en familie en toe natuurlik die instap voor almal en die feesviering saam met my vriende en vriendinne. Die hele dag was 'n hoogtepunt van my matriekjaar.

Planne vir na matriek

Ek gaan volgende jaar fisika studeer want ek het nie die vak op skool gekies nie en ek wil graag Baccalaureus in Wetenskap doen die jaar daarna. Ek wil baie graag met diere werk en sal ook volgende jaar gebruik om seker te maak watter tipe werk ek in die toekoms wil doen. Asook bietjie te au pair vir sakgeld.

Gunsteling woord in Afrikaans

dobber

Datum van matriekafskeid

2025-09-30

Like what you see?

Share on Social Media