Mia Krüger

Helpmekaar College

Ouderdom

18

Skool

Helpmekaar College

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is elegant en klassiek. Met swart satyn materiaal en pêrel fynheid by my korset. Om my rok nog meer “Mia” te maak het ek agter ń wit strik om die hele rok bymekaar te trek. Te danke aan 39 Dresses het my droom rok ń realiteit geword.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok was bloot ń klompie ander rokke wat my oog gevang het en wat ek toe as een ontwerp het. Deur dit self te skets kon ek my kreatiwiteit los laat. Swart, pêrels en strukkies is wat my persoonlike smaak opsom - toevallig gee my rok ń “Aubrey Hepburn” gevoel, maar ek het geen klagtes nie, want sy is werklik klassiek.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is moeilik om te kies, veral as jy verlief is op elke deel van jou rok, maar die detail wat net so effens voorloop is my pêrels. Dit is klein, maar het groot impak.

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media