Mia Bester

Durbanville High School

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Thanks

What was your inspiration for your matric prom dress?

Die inspirasie agter my matriekafskeidrok was 'n droom wat uit 'n storieboek gestap het, gemeng met 'n tikkie koninklike elegansie. Die grootse inspirasie was die betowerende rok uit die live action Cinderella-fliek. Daardie rok het vir my iets magies en tydloos verteenwoordig soos die grootsheid van die ballgown-silhoeët, die sagte glans, en die manier waarop dit beweeg het, het my dadelik daardie gevoel van 'n ware prinses gegee. Dit was presies die sprokiesagtige gevoel wat ek vir my spesiale aand wou vasvang. Verder het ek op Pinterest afgekom op 'n pragtige foto van 'n rok wat onmiddellik my aandag getrek het. Die detail, kleur, en die romantiese styl daarvan het perfek gepas by die droombeeld wat ek in my kop gehad het. Ons het hierdie foto as 'n sleutel-inspirasiebron gebruik en dit aangepas om 'n ontwerp te skep wat heeltemal uniek en persoonlik is.

What was your favorite part of your matric prom dress?

My matriekafskeidrok is vir my soveel meer as net rok; dit is 'n simbool van selfontdekking en die vervulling van 'n droom. Om hierdie rok te dra, was vir my 'n geleentheid om uit my gemaksone te klim en om iets waaghalsigs te doen wat ek gewoonlik nie sou aanpak nie. Dit verteenwoordig definitief my persoonlikheid – dromerig, maar met die moed om my eie pad te volg. Wanneer ek dit gedra het, het dit my al die selfvertroue gegee en ek het gevoel asof ek enigiets kon aanpak. Hierdie rok is vir my 'n teken dat, ongeag wie jy is, jy jou rok kan maak net soos jy wil. Dit is 'n herinnering dat jy nie altyd die neigings hoef te volg nie, jy moet doen waarvan jý hou. Dit is jou droom wat kan waar word vir daardie spesiale aand.

Date of matric farewell?

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media