Mia Bester
Durbanville High School
Tuisdorp
Durbanville
Skool
Durbanville High School
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok was ontwerp deur Kobus Dippenaar
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my matriekafskeidrok was 'n droom wat uit 'n storieboek gestap het, gemeng met 'n tikkie koninklike elegansie. Die grootse inspirasie was die betowerende rok uit die live action Cinderella-fliek. Daardie rok het vir my iets magies en tydloos verteenwoordig soos die grootsheid van die ballgown-silhoeët, die sagte glans, en die manier waarop dit beweeg het, het my dadelik daardie gevoel van 'n ware prinses gegee. Dit was presies die sprokiesagtige gevoel wat ek vir my spesiale aand wou vasvang. Verder het ek op Pinterest afgekom op 'n pragtige foto van 'n rok wat onmiddellik my aandag getrek het. Die detail, kleur, en die romantiese styl daarvan het perfek gepas by die droombeeld wat ek in my kop gehad het. Ons het hierdie foto as 'n sleutel-inspirasiebron gebruik en dit aangepas om 'n ontwerp te skep wat heeltemal uniek en persoonlik is.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok is vir my soveel meer as net rok; dit is 'n simbool van selfontdekking en die vervulling van 'n droom.
Om hierdie rok te dra, was vir my 'n geleentheid om uit my gemaksone te klim en om iets waaghalsigs te doen wat ek gewoonlik nie sou aanpak nie. Dit verteenwoordig definitief my persoonlikheid – dromerig, maar met die moed om my eie pad te volg. Wanneer ek dit gedra het, het dit my al die selfvertroue gegee en ek het gevoel asof ek enigiets kon aanpak.
Hierdie rok is vir my 'n teken dat, ongeag wie jy is, jy jou rok kan maak net soos jy wil. Dit is 'n herinnering dat jy nie altyd die neigings hoef te volg nie, jy moet doen waarvan jý hou. Dit is jou droom wat kan waar word vir daardie spesiale aand.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die hele proses, sowel as die finale oomblik. Die hele pad wat ons gestap het om die rok te ontwerp, elke afspraak, elke aanpas, was ongelooflik. Dit was 'n opwindende deel van die voorbereiding. Maar die definitiewe hoogtepunt was om by die rooi tapyt af te stap. Dit het gevoel asof my hart buite my bors klop, vol adrenalien en opgewondenheid. Dit was 'n onvergeetlike aand, 'n aand wat ek boonop baie geniet het saam met al my vriendinne. Dit was werklik 'n aand om te onthou.
Planne vir na matriek
Ek wil na matriek BRek by die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer. Hierdie kursus sal die grondslag lê vir my droom om uiteindelik ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester, CA(SA) te word. Ek sien uit daarna om in 'n nuwe omgewing te leer, my netwerk uit te brei, en al die nuwe uitdagings en geleenthede wat universiteitslewe bied, aan te gryp. Dit is die begin van 'n opwindende nuwe hoofstuk!
Gunsteling woord in Afrikaans
Thanks
Datum van matriekafskeid
2025-10-02