Melanze le Roux

Melanze le Roux Melanze le Roux Melanze le Roux

Ouderdom

18

Tuisdorp

Brackenfell

Skool en dorp/stad van skool

Brackenfell Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Hierdie rok weerspieël vir my baie van wie ek is. Ek hou van mooi dinge met karakter en iets besonders daaraan.
Ek is lief vir kreatiwiteit, detail en dinge wat nie alledaags is nie. Ek wou hê my rok moes uniek wees en my persoonlikheid weerspieël.

My ouers het my die geleentheid gegee om my droomrok te laat maak, omdat hulle gevoel het dat ek werklik hard moes werk het om te kom waar ek vandag met my skoolloopbaan is, en dat ek dit verdien het. Dit het die rok vir my soveel meer spesiaal gemaak, want dit was nie net iets wat ek graag wou hê nie, maar ook 'n besondere geskenk van my ouers en 'n erkenning van al my harde werk.

Toe ek die rok aantrek en my finale voorkoms sien, het ek dadelik geweet: dit is presies wat ek wou hê! Dit het my spesiaal, mooi, vroulik en selfversekerd laat voel. Om te sien hoe die rok, hare en grimering so mooi saamwerk en die beeld wat ek so lank in my kop gehad het, uiteindelik 'n werklikheid word, was ongelooflik.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media