Meghan Venn
afrikaanse Hoër meisieskool pretoria
Tuisdorp
pretoria
Skool
afrikaanse Hoër meisieskool pretoria
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok ontwerp en Gerrit pienaar designs het dit tot lewe gebring en gemaak
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok het ek op Pinterest gekry toe ek gesoek het na iets wat modern en elegant is. Ek wou hê die rok moes stylvol wees, maar steeds tydloos en vol klas, iets wat regtig my persoonlikheid weerspieël. Die prente wat ek gevind het, het my geinspireer met hul eenvoudige lyne, luukse materiale en die balans tussen moderne mode en klassieke skoonheid.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken vir my trots en selfvertroue. Dit simboliseer hoe ver ek gekom het en sluit my skooljare op ’n stylvolle, elegante manier af.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die voorbereiding, die tyd saam met my familie en die foto’s wat ons geneem het en natuurlik dat ek die perfekte date gehad het. Dit het die aand nóg meer spesiaal gemaak.
Planne vir na matriek
Ek gaan aptekerswese by potch studeer na skool
Gunsteling woord in Afrikaans
spontaan
Datum van matriekafskeid
2025-10-07