Megan Rossouw

Hoërskool Jim Fouché

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Jim Fouché

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok is pragtig en elegant. Dit is ’n navy rok met ’n vloeiende, vol lengte ontwerp wat tot op die grond strek. Die borsstuk en middel is versier met fyn goue detail wat soos borduurwerk of versiersels lyk en dit gee die rok ’n koninklike en luukse voorkoms.Die skouers is oop (’n af-skouer styl), en daar is deurskynende materiaal wat van die arms af val. Die moue is langer as die rok en op die eind van die mou is dieselfde fyn goue detail. Met ñ mooi knoppies rug om die rok in plek te hou.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek was nog altyd mal oor prinses verhale as ñ klein dogtertjie. Soos ek ouer geword het, het dit nooit verander nie. My twee gunstelling sepies “Bridgerton” en “Game Of Thrones” het bygedra as inspirasie by die rok. Met koning’s klere het my rok my laat oordra as ñ prinses in hierdie werklike wêreld.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die moue was beslis my gunsteling deel. Dit het agter my aangesleep en het die rok se idee pragtig uitgebeeld. Die moue het ook veroorsaak dat ek die beste dramatiese effek gehad het en ñ mens kon dit sien as ek uit ñ kamer geloop het.

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Like what you see?

Share on Social Media