Megan Oberholzer

Hoërskool Bothaville

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Bothaville

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het vooraf vir my ontwerper foto’s gestuur van verskillende idees wat vir my mooi was. Daaruit kon Shani‘n duidelike prentjie vorm oor dít waarvan ek hou. Met ons eerste besoek aan Esje’s Design het ek sommer geweet hiér gaan my droomrok gestalte kry. Sy het presies geweet wat sou werk en toe sy my rok se skets vir my wys, was ek in vervoering. Die vere het absoluut die rok gemaak en is spesiaal in Oudtshoorn gekleur om by die teal-blou kleur te pas.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou ‘n rok hê wat stylvol en elegant is, met ‘n tikkie Hollywood-glamour. Dit moes ‘n simbool van vroulikheid en lewe wees, iets wat gevier moes word!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van die rok was beslis die vere. Dit het die rok laat léwe en het met elke beweging die oog gevang. Ek het baie van die oop rug gehou. Die kralewerk en kristalle was ook vir my besonders.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media