Megan Naude
Ouderdom
17
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Vir almal wat my ken, is my rok die perfekte weërspieeling van my persoonlikheid, al was dit nie die oorspronklike plan nie. Ek het heeltemal die teenoorgestelde idee in my kop gehad van hoe my droomrok sou lyk,maar die oomblik toe ek hierdie rok aantrek het ek daardie sprankel in my oog gekry. Dit was neusie verby met my van die eerste oomblik af, dit was die perfekte sprokies einde aan my skoolloopbaan.
