Mckeyle Venter
Hoërskool Transvalia
Tuisdorp
Vanderbijlpark
Skool
Hoërskool Transvalia
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is gemaak deur Sainile Zitha iemand wat duidelik verstaan dat “subtiel” nie in my woordeskat is nie.🤭Ek wou iets hê wat sê “Ek het matriek oorleef en ek gaan nou skitter” en dis presies wat ek gekry het. Dis nie net ’n rok nie, dis ’n verklaring: “sy’s hier, sy’s mooi, en sy’s moeg vir skool!” Dit is nie net materiaal en paillette nie, dis ’n hele hoofstuk van my lewe wat in pienk blink.✨
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Eerlik? Ek wou soos die hoofkarakter van my eie fliek voel daardie meisie wat uit die kar klim en almal se asem wegslaan. My inspirasie was ’n kombinasie van Barbie, blink drome en bietjie vengeance glow-up energy.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dis meer as net ’n rok, dis ’n simbool van alles wat ek al deurgegaan het, en dat ek nog steeds hier is, glimlaggend en selfversekerd. Elke stekie voel soos ń “jy’t dit gemaak, meisie.” En die feit dat ek die hele aand kon deur gaan sonder n enkele persoon wat op hom getrap het? Nog ’n oorwinning.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Sonder twyfil die oomblik toe die kar se deur oopgaan en ek my eerste tree op die rooi tapyt gee. Ek onthou hoe my hand effens gebewe het, my hart wild geklop het, en toe stilte. Dis asof tyd net stilgestaan het. Ek kon mense hoor asemhaal, maar niks anders het saak gemaak nie. Die aand, die ligte, die kameras… dit het alles vaag geraak, en vir daardie paar sekondes was dit net ek.Ek het gevoel hoe die adrenalien deur my vloei, my glimlag was eg, my rug reguit, en my rok het in die lig geblink soos iets uit ’n droom. Dis daardie oomblik waar jy besef al die pyn, stres en trane van die jaar was die moeite werd, net om daar te staan. Ek het nie net opgedaag nie, ek het verskyn. 💃
Planne vir na matriek
Eers slaap. Dan eet. En dan Nederland toe!Ek beplan om my drome te volg, nuwe plekke te sien (halló Nederland 🇳🇱) en uiteindelik uit te vind wie ek is, buite die skoolhekke.
Gunsteling woord in Afrikaans
“Onbeskryflik.” Want dis presies hoe hierdie hele ervaring gevoel het, onbeskryflik mooi, onbeskryflik emosioneel, en onbeskryflik ek. 💖
Datum van matriekafskeid
2025-10-02