Maroné Meyer
Hoerskool Middelburg
Ouderdom
18
Skool
Hoerskool Middelburg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is n ware kunswerk - elke klein kraal en blommetjie vertel n storie van ure se geduld, liefde en kreatiwiteit. Die rok is gemaak van fyn, deursigtige materiaal met duisende handgeplaaste krale. Binne elke blokkie pronk n unieke blomontwerp, wat my liefde vir kleur, natuur en detail uitbeeld.
Die elegante oop rug en vol moue skep n balans tussen gesofistikeerde styl en moderne vroulikheid.
Wanneer lig op die krale val, skitter dit soos n sprokie.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir die rok het begin toe ek n ontwerp van die bekende oorsese ontwerper Oscar de la Renta gesien het. Ek het van sy unieke gebruike van tekstuur en detail gehou, maar wou iets skep wat my persoonlikheid weerspieel. Daarom het ek die ontwerp aangepak om meer "ek" te wees.
My niggie, Michelle du Toit het my rok ontwerp en gemaak - wat hierdie proses net nog meer spesiaal gemaak het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel is die oop rug, lang moue en lang sleep - dit gee die rok n gevoel van grasie en sagtheid.
Ek is ook mal oor die kleurryke blommetjies, wat lewe, vrolikheid en energie bring.
Datum van matriekafskeid
2025-10-03