Marluzaan van den Berg

Hoerskool Hugenote (Springs)

Tuisdorp

Devon, Gauteng

Skool

Hoerskool Hugenote (Springs)

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok was handgemaak deur Jane Naude, in Springs.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok was dat ek iets spesiaal wou gehad het. Iets wat die koppe sal laat draai wanneer ek by die vertrek in loop. Ek voel dat my matriekafskeidrok werklik n puik verbinding maak tussen absolute glans en die skoonheid van die natuur, wat deur die vloei van die blink patroon uitgebeeld word.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok het my "prinses oomblik" verseker. n Matriekafskeidrok is simbolies vir die afsluiting van een van die grootste hoofstukke in jou lewe, my rok beteken dat ek hoerskool kon groet in styl.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriekafskeid was persoonlik, om saam met my metgesel en vriendinne te dans tot ons voete seer was.

Planne vir na matriek

Na matriek gaan ek my BEd in Grondslagfase Onderwys voltooi by Aros, waarvoor ek ongelooflik opgewonde is.

Gunsteling woord in Afrikaans

Akkedis

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media