Marlia Farmer

Hoërskool Hugenote springs

Tuisdorp

Springs

Skool

Hoërskool Hugenote springs

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur ’n talentvolle ontwerper(Elmé Prinsloo) wat my visie perfek verstaan het. Ek het verduidelik dat ek iets wou hê wat uniek, elegant en tog modern is –en sy het dit presies reggekry. Elke detail, van die sagte blou kleur tot die deursigtige stof en vere-afwerking, het my persoonlikheid weerspieël en my laat voel soos ’n ware prinses. 👗✨

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir die rok was om iets uniek en dromerig te hê wat steeds elegant lyk. Ek wou hê my rok moes ’n sagte, prinsesgevoel hê, maar met ’n moderne twist. Die ligblou kleur en deursigtige materiaal met fyn detail het vir my die perfekte kombinasie van styl en selfvertroue gegee.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my ’n droom wat waar geword het. Ek het lank gewag vir die kans om iets te dra wat my persoonlikheid weerspieël -sag, elegant en tog vol selfvertroue. Wanneer ek my rok aantrek, voel dit asof ek die mooiste weergawe van myself is. Dit is vir my ’n herinnering aan hoe spesiaal hierdie mylpaal in my lewe is en dat ek gereed is om die volgende hoofstuk met trots te begin.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek by die venue aankom en almal my rok sien. Daardie oomblik toe ek die rooitapyt afstap en alles net perfek gevoel het, sal ek nooit vergeet nie.

Planne vir na matriek

Ek gaan verder studeer om n lugwaardin te word

Gunsteling woord in Afrikaans

Droom, want alles begin met ń droom

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media