Marli Janse van Rensburg

Hoërskool Transvalia

Tuisdorp

Vaalpark, Vrystaat

Skool

Hoërskool Transvalia

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur tannie Marie in Vanderbijlpark.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My hart as hoofmeisie hierdie jaar was om juis hulle, wat dit nie weet nie, te laat glo hulle is vir God spesiaal, belangrik en meer as genoeg. Ek wou n rok dra wat dit beeld met ń kleur wat my laat glo in moontlikhede. ń Rok wat jou groter laat droom en ander om jou inspireer.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek het meer as net materiaal gevoel, ek het drome aangetrek, vasgewerk tussen die nate van hoop. Elke blom en sy kleur het my vreugde en lag vasgevang wat ek beleef het. My rok was nie net vir ’n aand bedoel nie, maar vir ’n begin — ’n simbool dat ek kan groei, straal, en droom sonder om ooit te vergeet wie ek is.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om by die rooi tapyt voor al die mense af te loop en hulle sien jou rok vir die eerste keer, het my klein dogtertjie hart, ‘n bollemakiesie laat slaan. Dit was defnitief die hoogtepunt vir my gewees.

Planne vir na matriek

My toekoms is onseker, maar my hartsbegeerte is om eendag n bakery te besit en ek bid dat die Here my met elke tree in daardie rigting sal lei as dit ook Sy plan is vir my.

Gunsteling woord in Afrikaans

Flambojant : Stralend en uitspattig

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media