Marli Engelbrecht

Hoërskool Kempton Park

Tuisdorp

Kempton Park

Skool

Hoërskool Kempton Park

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Johan Botha Fashion Design het my gehelp om my droom rok te ontwerp en ‘n werklikheid te gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het inspirasie gekry uit die idee van beweging en lig, iets wat vloei en lewe kry wanneer ek dit dra. My rok moes soos kuns voel. Iets wat verander, skitter en my persoonlikheid wys sonder dat ek iets hoef te sê.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my meer as net iets mooi om aan te trek. Dit is ’n uitdrukking van my persoonlikheid en my liefde vir elegante kuns. Elke detail van die rok weerspieël wie ek is. Die sagte blougroen kleur met ‘n effense pienk, die glinsterende detail en die afhaalbare net stuk wys my liefde vir iets besonders – stylvol, maar steeds speels. As ek dit dra, voel dit asof ek uit ‘n droom wêreld gestap het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt vir my was verseker om te sien hoe almal gelyk het, dit was vir my ongelooflik. Almal het so mooi gelyk en jy kon sien hoeveel moeite elkeen ingesit het. Ek was ook baie beïndruk met hoeveel aandag en liefde my skool aan die aand gegee het. Alles was perfek beplan en dit het regtig gevoel asof hulle die aand net vir ons spesiaal gemaak het.

Planne vir na matriek

Ek is reeds aanvaar by die Universiteit van Pretoria, waar ek volgende jaar BA Information Design gaan studeer. Dis iets waarvoor ek ongelooflik opgewonde is, want ek sien dit as die begin van my kreatiewe pad, ’n kans om my liefde vir ontwerp en kuns verder te ontwikkel.

Gunsteling woord in Afrikaans

Koester

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Like what you see?

Share on Social Media