Marionique Henning

Dr Malan

Tuisdorp

MEYERTON

Skool

Dr Malan

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur Buks Lourens van Vereeniging

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het lank gesoek na idee's vir my rok,'n styl wat by my en my persoonlikheid pas. Buks het al my idee's in een skepping omgesit en die perfekte rok ontwerp.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is 'n Ligte sagte pienk formele aandrok wat my persoonlikheid, styl , warmte en elegasie uitbeeld. Dit is nie 'n rok wat kleur skree nie, ook nie lae wat uitklok nie, maar warm vroulik teen my blasvel vloei. Die wit blomme ingewerk is 'n teken van God se skoonheid, eerlikheid, wysheid en reinheid. Vir my die blommetjies op my rok wat versprei 'n simbool van al die terugslae in my lewe , en die betekenis vir my daaragter is al het jy terugslae in die lewe en al verloor jy soms dele van jouself en jou mens wees, bly jy God se unieke skepping en niks kan dit ru-neer nie, dit herinner my ook aan my innerlike krag wat stralend na buite uitstraal ,nie net in drome nie maar deur die rok wat ek dra.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om al my vriedinne se droomrokke te kon sien, al die maande se beplanning en geheimhouding te kon sien omvou in 'n sprokiesaand, waar hulle uit die motors saam met hulle metgeselle klim, en jy kon sien hoe hulle van klein dogtertjies na elegante volwasse jong dames verander het. En ook dat ons saam die hoofstuk kon afsluit.

Planne vir na matriek

Ek gaan menslike bewegings sielkunde in 2026 by NWU Potch studeer, waar ek ook my passie vir netbal gaan uitleef, soos hulle se droom groot of gaan huistoe , vir my is die realiteit 'droom groot en maak dit 'n realiteit' as jou drome jou nie bang maak nie, is hulle nie groot genoeg nie.

Gunsteling woord in Afrikaans

Glimlag

Datum van matriekafskeid

2025-10-16

Like what you see?

Share on Social Media