Marike Venter
Ouderdom
18
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Die Hoërskool Menlopark, Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was om my eie Barbie- en meerminvisie tot lewe te bring. Ek wou nog altyd soos Barbie voel, en met my matriekafskeidrok het ek die geleentheid gekry om ook my meermindroom uit te leef. Die vloeiende oorgang van oranje na pienk weerspieël my liefde vir hierdie twee kleure, wat vir my perfek my persoonlikheid uitbeeld: ’n sagte hart met ’n borrelende, lewenslustige geaardheid. Ek wou hê my rok moes speels, vroulik, kleurvol en vol sprankel wees, maar bowenal iets wat my eie persoonlikheid weerspieël.
