Marianne Louw
Oranje Meisieskool
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool
Oranje Meisieskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is deur Celia Louw my ma ontwerp.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die insperasie agter my rok was definetief om iets anders te doen ,maar steeds n klassieke en stylvolle indruk te skep. Die 1950's se "vintage" plooitekstuur was n moet vir my gewees. Die V-neklyn het die rok steeds n moderne draai gegee wat dit minimalisties maar dramaties sou maak.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit is soveel meer as n rok vir my .Die tyd wat ek en my ma saam kon spandeer deur die hele proses ; van beplanning ,materiaal keuse ,uiteensitting van die rok ,die keuse van my haarstyl en tot die finale produk was kosbaar.Die rok beeld n droom wat waar geword het deur liefde uit. Ek en my ma kon die ervaring saam deel en waardeer.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was verseker om my rok se eindproduk met almal te kon deel. Die glanserende rooi het my laat voel of ek in die kollig beweeg.
Planne vir na matriek
My plan is om biokenetika te studeer by die Universiteit van die Vrystaat en my liefde vir netbal ten volle uit te leef.
Gunsteling woord in Afrikaans
Volharding
Datum van matriekafskeid
2025-10-02