Margot Naudê

Hoërskool Rustenburg

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

koddig

What was your inspiration for your matric prom dress?

My rok is geinspireer deur die Chanel 1960's mode, met so 'n titsel Bridgerton. Ek het glad nie die kleure ingedagte gehad nie. Ek het toevallig die brokaatlap raakgeloop en was dadelik verlief op dit. Ons het egter besluit om liewer die verkeerde kant van die lap te gebruik, waar die lappatroon 'n baie meer subtiele voorkoms gehad het. Wat my rok vir my besonders maak, is dat ek die kralewerk kan aansit of afhaal om sodoende die rok meer aanpasbaar te kan maak vir enige geleentheid. Ek kan dus maklik 'n bietjie "spice add" deur die krale op te sit indien ek so voel. My hele doel was dat my rok my jeugdigheid moes weerspieël, gemaklik moes dra en prakties wees, sodat ek hom weer en weer kan dra. Ek wou klassiek elegant lyk en 'n 'statement' maak. Ek is ook mal oor my rok se lengte wat my mooi skoentjies tot hul reg kon laat kom.

What was your favorite part of your matric prom dress?

Dit is nie net HOE die rok my laat voel het wat dit spesiaal gemaak het nie, maar al die liefde van verskeie mense wat ook daarin vasgevang is: oom Peter B, my ma, my tannie en my ouma vir emosionele ondersteuning. Peter het die ontwerp en al die stikwerk gedoen, maar ek wou self ook deel hê aan die maakproses, daarom het ek en my ma al die kristal en kralewerk gedoen. My rok is vir my tydloos en ek kan nie wag om hom weer te kan dra nie.

Date of matric farewell?

2025-09-23

Like what you see?

Share on Social Media