Maré Gerstner

HTS Drostdy

Tuisdorp

Worcester

Skool

HTS Drostdy

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het vir baie lank foto's van rokke bymekaar gemaak en toe net my gunsteling dele van die rokke gekies en dit saamgesit om my droom matriekafskeid rok by Shamila Jacobs se laat maak

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My rok is geïnspireer deur n jonger weergawe van myself. Toe ek klein was, het my ma altyd vir my prinses rokkies gemaak. My droom vir my matriekafskeidrok was om weer soos 'n prinses, maar meer volwasse en elegant, te lyk en voel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok was ligpienk, wat nog altyd my gunsteling kleur was. Dit het 'n vol sirkel romp wat my herinner aan die speelsheid van my kinder dae. Die draping op die bolyf word gekomplimenteer deur fyn kralewerk wat blink in die lig. Die rug was definitief my gunsteling deel van die rok met die pêrel knopies en 3D kant, was dit alles waarvan ek nog altyd gehou het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriekafskeid was om te sien hoe my visie 'n werklikheid word en alles nog beter uitgedraai het as wat ek verwag het.

Planne vir na matriek

Ek wil volgende jaar Fisioterapie gaan studeer sodat ek eendag n sport fisio kan word.

Gunsteling woord in Afrikaans

Poenankies

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media