Makayla Pitzer

Helpmekaar

Tuisdorp

Kempton park

Skool

Helpmekaar

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek dit by izelle otto laat maak. https://www.instagram.com/izelleotto?igsh=OWRzbTRmdnB5Y3E1

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die jakarandas het my geïnspireer , hul sagte pers bloeisels het my herinner dat skoonheid altyd sag begin, maar sterk bly staan.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Vir my beteken dit groei en nuwe beginne. Soos die jakarandas wat elke jaar blom, herinner dit my dat elke seisoen sy eie skoonheid bring jy moet net jou tyd vat om te blom.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek uiteindelik in my rok gestap het en alles net rêrig gevoel het al die opgewondenheid, spanning en drome van die jaar het in daardie oomblik bymekaar gekom.

Planne vir na matriek

My planne na matriek is om Onderwys te studeer by Aros, omdat ek ’n passie het om met kinders te werk en ’n positiewe verskil in hul lewens te maak. Ek glo onderwys is ’n roeping, en ek sien uit daarna om deel te word van ’n instelling wat Christelike waardes en gehalte-onderrig bevorder.

Gunsteling woord in Afrikaans

Kolwyntjies

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media