Madison Paige McCabe

Hoërskool Waterkloof

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Waterkloof

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Alhoewel die inspirasie foto n swart rok was en swart glad nie my kleur is nie, het ek steeds meer gefokus op die ontwerp. Oorspronklik wou ek die rok in my gunsteling kleur pienk gehad het maar toe het ek besluit op blou; nie net omdat n professionele ontwerper dit vir my voorgestel het nie maar ook omdat dit oor die algemeen n mooi kleur is en dit my blou oë laat pop want die kleur pas nog altyd by my. Nadat ek hierdie foto ontdek het en die kleur ingedagte gekry het, wou ek steeds verder die rok my eie maak daarom het ek die hele rok se kleur en korset ontwerp verander.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het maar gekom vanaf ñ foto van ñ rok wat ek op “Pinterest” al in graad 10 gesien het, wat ek gedink het staan uit, daar en dan het ek geweet dit is my matriekafskeid rok. Daarom is die basis van my rok gebaseer op daardie foto en so het ek dit verander volgens my styl sodat my rok stylvol is en wat ek glo vir altyd mode sal bly. Ek wou uitstaan en anders wees.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My hele rok was my gunsteling, maar as ek nou moet kies sal ek sê dit was my korset deel omdat dit my eie spontane idee was wat ek wou hê om my visie van my rok bymekaar te kon bring.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media