Madie Croucamp

Hoërskool Stella

Tuisdorp

Stella

Skool

Hoërskool Stella

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het geen idee gehad waar om te begin of hoe my droomrok sou lyk nie, maar gelukkig het my ontwerper, Altea Nel, tot my redding gekom.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou ’n rok hê waarin ek net myself kon wees vurig, warm en bietjie flambojant. Ek het eers ’n paar rokke aangepas op soek na dié een, en ek het toe ’n rooi/maroon rok raakgesien wat ongelooflik mooi gelyk het, maar dit het net nie reg gevoel nie. Toe het ek besluit om vir my ’n rok te laat maak. Ek wou ’n kleur hê wat uniek is iets wat nie almal sou kies nie. Al die standaardvoorstelle het vir my te voorspelbaar gevoel, en ek wou iets hê wat uitstaan. Althea het my gehelp om die kleur te kry waarna ek so lank gesoek het, al was dit moeilik om te vind. Sy het my oortuig om ’n soortgelyke kleur te probeer die plum purple. En toe ek dit sien, was ek dadelik smoorverlief op my droomrok. Ek het geweet dit is presies die styl wat ek soek en wat my persoonlikheid perfek uitbeeld.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net ’n mooi aand. Dis die rok waarin ek gevoel het ek kan asemhaal, glimlag en net ek wees. Elke keer as ek dié rok aangepas of aangetrek het, het ek gevoel soos ’n prinses uit ’n sprokiewêreld iemand wat vir ’n oomblik net in haar eie drome leef. Dit vang vas wie ek geword het: iemand wat nie bang is om haar lig te wys nie. Elke keer as ek daarna kyk, onthou ek hoe spesiaal dit gevoel het om presies so te wees vol selfvertroue, trots en opreg gelukkig.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die oomblik toe ek op die dansvloer gestaan het, saam met my vriende gedans het, gelag het en net vir een aand nie oor môre bekommerd te wees nie. Ek het in my wynpers rok gevoel soos ’n prinses uit ’n sprokiewêreld, en elke oomblik was vol glimlagte en herinneringe wat ek vir altyd gaan koester.

Planne vir na matriek

My planne ná matriek is om verpleegkunde te gaan studeer. Die rede is eenvoudig ek het nog van kleins af ’n hart gehad om mense te help. Dit is vir my meer as net ’n loopbaan; dit is my doel en my roeping. Ek glo die Here het hierdie pad vir my gekies, en ek wil dit met ’n groot hart en opregte liefde volg.

Gunsteling woord in Afrikaans

My gunsteling woord in Afrikaans is “hart”. ❤️Buiten ’n hart vir myself en n hart vir ander, sien ek van kleins af ’n hart in alles: in klipvorm, in blomvorm en blaarvorm . n Hart vir liefde, ’n hart vir lewe.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media