Luné van den Berg

Bethlehem Voortrekker Hoërskool

Tuisdorp

Petrus Steyn

Skool

Bethlehem Voortrekker Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het self my rok ontwerp, en Gerrit Pienaar van Claris by Gerrit het my ontwerp tot lewe gebring. My rok is vir my besonders omdat dit my persoonlikheid weerspieël – elegant, uniek en vol selfvertroue. Ek het lank gewerk aan elke detail om iets te skep wat nie net mooi lyk nie, maar ook vir my spesiale betekenis het. Die feit dat ek dit self kon ontwerp, maak dit vir my nog meer besonders, want dit voel soos ’n kreatiewe deel van myself wat ek kon uitleef op my groot aand.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het my rok ontwerp nie net om mooi te lyk nie maar om my persoonlikheid uit te beeld. Ek wou hê my rok moes wys wie ek is – iemand wat nie bang is om uit te staan nie, wat liefde het vir kleur en detail, en wat glo dat styl iets persoonlik is. Die rooi simboliseer passie en selfvertroue, terwyl die blomme my liefde vir sagtheid en natuur weerspieël.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my ongelooflik baie, omdat ek dit self ontwerp het. Dit verteenwoordig my styl, kreatiwiteit en die harde werk wat ek ingesit het om iets uniek te skep. Om my eie ontwerp te dra, het my trots en selfvertroue gegee — dit was vir my ’n droom wat waar geword het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt was beslis ons fotosessie in Golden Gate ( Clarens ). Die asemrowende berge en die goue sonsondergang het my rooi rok laat uitstaan en die oomblik ekstra besonders gemaak. Dit was die perfekte afsluiting van ’n aand vol drome en dankbaarheid.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om in Potchefstroom te gaan studeer en ’n graad in Biokinetika of Menslike Bewegingskunde te kry .

Gunsteling woord in Afrikaans

Hartsmense

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media