Lumari Louw
Hoërskool Montana
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoërskool Montana
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Sanet van Bellissimo Bridal Boutique
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het geweet ek wil definitief iets rooi dra. Rooi was nog altyd n kleur wat mooi by my vel pas. Met die tema van "Enchanted Forrest" het ek besluit dat die blomme, die "sweetheart" halslyn en vloeiende romp die tema sal komplementeer.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit is n teken van my harde werk die afgelope 12 jaar van my lewe. Die rooi herinner my aan die bloed en sweet wat ek ingesit het. Die rooi is ook n teken van die liefde en verhoudings wat ek ervaar het tydens my skoolloopbaan.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Definitief die fotos wat deur my sussie en die fotograaf van ons geneem is...en natuurlik die tafels vol lekkers aan die einde van die aand.
Planne vir na matriek
Ek gaan onderwys gaan studeer by AROS. Seniorfase en VOO, Wiskunde en Verbruikerstudies.
Gunsteling woord in Afrikaans
Parmantig
Datum van matriekafskeid
2025-10-04