Lucia Rossouw
Ouderdom
18
Tuisdorp
Tulbagh
Skool en dorp/stad van skool
Charlie Hofmeyr Hoërskool, Ceres
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het gesoek na ’n rok wat my persoonlikheid weerspieël, stylvol en elegant, maar steeds eenvoudig. Iets wat op ’n subtiele manier uitstaan sonder om té veel aandag te vra. Vir my was dit belangrik om nie net mooi te lyk nie, maar ook gemaklik en selfversekerd te voel, of ek nou sit, staan of die hele aand dans. Ek wou ’n rok hê waarin ek myself kan wees, waarin ek gemaklik voel en wat my op my eie, unieke manier laat uitstaan. Dit is uiteindelik hoe ek my keuse gemaak het.
