Luané Greeve
Hoërskool Wesvalia
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Jolliepatrollie
What was your inspiration for your matric prom dress?
Die inspirasie agter my matriekafskeidrok was om iets te dra wat regtig soos ek voel en my persoonlikheid weergee. Ek wou hê dit moes elegant en stylvol wees. Ek het nog altyd gehou van ’n bietjie glans en detail, iets wat in die lig vang sonder om oorboord te gaan, en toe ek hierdie ontwerp sien, het dit dadelik vir my gesê: dis dit! Die een skouer en die sprankelende patroon gee vir my daardie balans tussen klassiek en modern. Ek wou nie net mooi lyk nie, maar ook selfversekerd voel, en ek dink die rok het presies dit reggekry.
What was your favorite part of your matric prom dress?
Vir my beteken my matriekafskeidrok baie meer as net ’n mooi rok. Dis iets wat my herinner aan hoe ver ek gekom het, en hoe ek deur die jare meer selfvertroue gekry het om net myself te wees. Toe ek hom aantrek, het ek gevoel soos die beste weergawe van myself, gemaklik, gelukkig en trots. Ek wou hê my rok moes my laat voel soos ek, net ’n bietjie meer glansend vir die spesiale aand. Elke keer as ek terugdink aan daardie oomblik, onthou ek die opgewondenheid, die lag en die gevoel van wow, ek het rêrig hier gekom. Dis vir my ’n simbool van afsluiting, maar ook van ’n nuwe begin vol drome en moontlikhede.
Date of matric farewell?
2025-10-10